Wat gaan hier aan?

Ek is die skrywer van vier boeke, waarvan die jongste, Blydskap, Mindfulness-wenke vir ‘n Vreugdevolle Lewe, ‘n inleiding tot bewustelikheid (“mindfulness”) en die positiewe sielkunde is. Die voorganger, Kalmte in die Malle Gejaag, het oor bewustelikheid en meditasie gegaan. Ek bied werkwinkels in mindfulness en meditasie aan op Stellenbosch en elders in Suid-Afrika. Soms help ek retraîtes in Zen-meditasie lei by The Dharma Centre in Robertson.

Jy kan my gedagtes en geselsies op Facebook volg. Ek is hier.

Ek bedryf ook ’n joga-skool op Stellenbosch, The Hot Yoga Studio. en ‘n klooster op Stanford.

Die afgelope 17 jaar werk ek as joernalis in Suid-Afrika (voorheen onder meer op die redaksies van Huisgenoot, Rapport en Die Burger).

Soms gaan hardloop ek met my hond op die strand.

IMG_1913 copy

Mens hoef nie Japan toe te gaan om jou Zen te vind nie.