Zen

IMG_2129

Ek is sedert 2001 ’n student van Heila Downey SSN en Rodney Downey, instrukteurs van The Robertson Dharma Centre en op hul beurt studente van die Koreaanse meester Seung Sahn Sa Nim. Ons bied ook soms afsonderingstydperke in die Zen-tradisie op Stanford aan.

IMG_1042

Wat is Zen? Dis ’n Japannese woord vir meditasie, maar dis ook veel meer. Zen is die kleur van die gras wanneer die gras groen is en die beweging van wind as wind roer. Dis altyd naby, ’n sagte, geruislose en effens weemoedige ondertoon van ons wêreld wat ons meestal miskyk. By The Dharma Centre leer ons om bietjie helderder na die stilte te luister.

IMG_1038
IMG_1444

IMG_1285

Klik hier as jy meer oor The Dharma Centre wil uitvind. Of selfs beter – dalk wil jy saam met ons kom sit en niks doen!