The Hot Yoga Studio

Ek is die eienaar, bestuurder en senior instrukteur by The Hot Yoga Studio, ’n professionele jogaskool in die middedorp van Stellenbosch. Daar gee ek onder meer rocket-joga, vinyasa-joga en meditasie.

IMG_0291

Ons lewe so baie in ons koppe dat ons vergeet van al die wysheid wat ons van die nek af ondertoe rond dra. Joga help jou om terug te kom in jou vel – jou eie unieke vel wat perfek gemaak is om net reg om jou lyf te pas.

logo

By The Hot Yoga Studio is almal welkom – ongeag of jy jonk of oud, dik of dun, soepel of styf is. Jy hoef nie ’n ghoeroe of ’n gimnas te wees nie. Jy hoef nie eens aan jou tone te kan raak nie. Jy moet net ’n lyf hê. Ons beoefen ’n verskeidenheid style – op en wakker power yoga, klassieke astanga, meditatiewe jin, en nog meer. Loer na die rooster op ons webblad en kom probeer ’n klas.

Ek is ’n student van Claire Lane, meesterbrein agter The Yoga Republic in Johannesburg, en Phillip Askew, vinyasa-koning van New York. Ek is ook opgelei in die rocket yoga-tradisie by It’s Yoga in Brighton, Engeland.

cropped-img_93452.jpg